sk090106hr_tuis06
Pasta

Spaghetti met pesto

4 porsies

  • 1 pak spaghetti
  • 125 g vars pesto
  • 60 g vars roket
  • 400 g klein rosa-tamaties, in kwarte gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g pecorino-kaas

Kook pasta volgens aan-wysings op pak. Dreineer en roer onmiddellik die pesto, roket en tamatie-kwarte deur. Geur met sout en swartpeper. Maak kaas-skaafsels en sprinkel oor die pasta.