Foto's deur Micky Hoyle

Pasta

Spaghetti met vars roket

4 porsies
Kook 1 pak (500 g) spaghetti volgens aanwysings op pak. Meng 30 g gekapte kappertjiesaad, 8 gekapte ansjovis-filette, 100 g pecorino-kaas, gerasper, 2 fyngekapte knoffelhuisies en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen. Dreineer pasta en meng bogenoemde bestanddele, 40 g roket en 125 g crème fraîche deur pasta. Geur met sout en peper. Sit dadelik voor.