Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Diabeties

Spinasie-en-kaasquesadillas

Resep deur Annerien Vermeulen

(8 porsies – halwe quesadilla per persoon)

  • 230 g vetvrye maaskaas
  • 200 g baba-spinasieblare
  • sout en peper
  • 1 avokado, gekap
  • 250 ml botterbone in kerriesous
  • 400 g geblikte pitmielies, gedreineer (opsioneel)
  • 100 g mini-baba-tamaties, in die helfte gesny
  • ½ rooi-ui, geskil en fyngekap
  • 200 g murgpampoentjies, fyngerasper
  • 8 volgraan-tortillas/wraps
  • 150 ml gerasperde laevet-cheddarkaas
  • 250 ml gerasperde mozzarella-kaas
  • 50 ml gekapte pietersielie of koljander
  • tamatie-salsa, opsioneel

Meng die maaskaas en spinasie in ’n voedselverwerker tot glad. Geur met sout en peper. Meng die avokado, bone, mielies, tamaties, ui en murgpampoentjies. Geur met sou en peper. Verhit die rooster-element van die oond. Voer 2 bakplate uit met bakpapier. Sit die bakplate in die oond sodat dit lekker warm kan word. (Hierdie proses is nodig sodat die quesadillas aan die onderkant ook lekker bros kan wees.) Plaas dan 4 van die tortillas op die vuurwarm bakplate en versprei die spinasiemengsel oor die tortillas. Hou ’n 2 cm-strook om die rand van die tortillas oop. Verdeel die avokado-mengsel tussen die 4 tortillas en smeer gelyk. Meng die 2 kase en gooi die helfte daarvan oor die avokado-mengsel. Maak die tortillas toe met die orige 4 tortillas. Sprinkel die oorblywende kaas bo-oor. Plaas onder roosterelement en rooster tot die kaas gesmelt is en die tortillas ligbruin is. Sprinkel die pietersielie bo-oor. Sny in skywe en sit voor met tamatiesalsa.