Resepte

Spinasie-en-sampioen-pilaf

(4 porsies)

  • 30 ml botter of laevet margarien
  • 2 rooi-uie, in groot stukke gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 250 g sampioene, in kwarte gesny
  • 1 kaneelstokkie
  • 4 heel naeltjies
  • 4 kardemomsade, effens gekap
  • 250 g basmati-rys
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 500 ml groente-aftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 200 g vars baba-spinasieblare
  • sap van 1 suurlemoen

Smelt die botter of margarien in ’n kastrol. Braai die uie en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die sampioene by en braai vir so 4 minute. Voeg al die speserye by en braai vir 2 minute. Gooi nou die rys, suurlemoenskil en groente-aftreksel by. Geur met sout en swartpeper. Meng goed en sit die deksel op. Prut vir sowat 15 minute tot al die vloeistof geabsorbeer is. Jy sal elke nou en dan ’n roer moet gee. Voeg die spinasie en suurlemoensap by en sit weer deksel op. Laat staan op die hitte vir 2 – 5 minute tot die spinasie verlep is. Sit voor met vars suurlemoenskyfies, en garneer as jy wil met nog vars spinasieblare.