Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Suurlemoen-risotto

Genoeg vir 6

• 30 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 250 ml arborio-rys (sien bl. 94)
• 250 ml witwyn (sien bl. 94)
• 650 ml hoenderaftreksel (sien bl. 94)
• gerasperde skil van 3 suurlemoene
• 125 ml room
• 50 g parmesaankaas, fyngerasper
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 60 ml wit asyn
• 6 eiers
• 170 g aspersies, vir 2 minute in kookwater gedompel

Verhit olyfolie in groot, diep pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg rys by en braai nog 5 minute. Gooi wyn oor en laat stadig kook tot alles deur rys geabsorbeer is. Skep aftreksel lepelsgewys by en roer goed ná elke byvoeging. Wanneer al die aftreksel bygevoeg is en die rys klewerig lyk, voeg suurlemoenskil by en bring weer tot kookpunt. Voeg room by en roer goed. Prut tot rys heeltemal gaar is en die mengsel ’n romerige tekstuur het. Verwyder van hitte en vou parmesaankaas by. Geur goed met sout en swartpeper. Bring pot met water tot kookpunt en voeg asyn by. Breek eiers een vir een in water en posjeer 3 – 5 minute vir sagte eiers of langer, nes jy verkies. Skep risotto in borde en plaas ’n eier en aspersies boop elke porsie. Sit warm voor met slaai van jou keuse.