Foto's deur Micky Hoyle

Pasta

Swartolyf-en-parmesaanspaghetti

(4 – 6 porsies)

  • 1 x 425 g-bottel swart kalamata-olywe
  • 500 g spaghetti
  • 30 ml olyfolie
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper
  • 1 sakkie (40 g) roket
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Dreineer olywe en ontpit. Sny elke olyf in die helfte. Kook pasta volgens aanwysings op pak. Dreineer pasta en meng met olywe en res van bestanddele. Geur met sout en peper en sit dadelik voor.

Om te drink:
‘n Sappige merlot, soos Boschkloof merlot.