Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Tamatie-en-mozzarella-pasta

(2 PORSIES)
25 MINUTE

  • 45 ml olyfolie
  • ½ ui, in dun ringe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 200 g kersietamaties
  • 1 hand vol basilie
  • 45 ml botter
  • 2 snye brood, in klein stukkies gebreek
  • 150 spaghetti, gekook volgens aanwysings op pak
  • 4 balle vars mozzarella
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in pan. Voeg uie en knoffel by. Roerbraai vir 5 minute of tot begin verbruin. Voeg tamaties by en verlaag hitte. Hou aan braai tot tamaties oopbars, sowat 5 – 8 minute. Roer basilie by. Smelt botter in skoon pan tot warm en voeg brood by. Kook pasta volgens aanwysings op pak. Braai tot bros en goudbruin. Roer gaar pasta by tamatiesous. Breek mozzarella fyn en voeg by. Geur goed met sout en peper. Skep in opdienbord en sprinkel gebraaide brood bo-oor. As jy lus is vir ‘n bietjie vleis, kan jy boerewors-stukkies of 250 g gekapte spek saambraai.