Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Vanielje-ricotta met roosterbrood

(6 porsies)

  • 200 g vars ricotta-kaas
  • 45 ml strooisuiker
  • 1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap, of 10 ml vanieljegeursel
  • 6 x 50 g-heuningkoeke
  • 6 snye volgraanbrood

Plaas ricotta, strooisuiker en vanielje in ‘n elektriese menger. Klits op hoë spoed tot ‘n gladde, romerige mengsel. Voer ‘n vorm met volume van 400 ml uit met kleefplastiek. Skep ricotta-mengsel in vorm en druk stewig vas met agterkant van lepel. Plaas in yskas vir 1 uur om te stol. Rooster brood tot goudbruin in ‘n broodrooster. Keer ricotta uit. Sit voor met heuningkoek en roosterbrood.