Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Vars aspersies met swartolyf-tapenade

(4 – 6 porsies)

  • 200 g swart kalamata-olywe
  • 50 g ansjovis-filette
  • 30 ml kappertjiesaad
  • 60 ml olyfolie
  • fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 400 g vars aspersies

Ontpit olywe. Kap olywe, ansjovis-filette en kappertjiesaad fyn. (Ek gebruik ‘n mes pleks van ‘n voedselverwerker.) Voeg olyfolie en suurlemoenskil by. Geur met swartpeper. Dompel aspersies vir sowat 5 minute in kookwater. Dreineer en laat afkoel. Rangskik op opdienbord en skep tapenade bo-op.

Om te drink:
Nomada sauvignon Blanc

Wenk: As jy nie vars aspersies in die hande kan kry nie, kan jy dit met dun groen Franse bone vervang. Dompel ook in kookwater vir sowat 5 minute, dreineer en laat afkoel.