Liezl se marokkaanse botterskorsie-pizzabrode
Kosstories

Vegetaries is óók lekker, vleis-eters!

As ek my drie gunsteling disse moet kies, sal al drie verseker rooivleis-disse wees. Die realiteit is egter dat my beursie my nie toelaat om elke dag vleis op die tafel te sit nie.

Ek klassifiseer myself as die ekonomiese-vegetariër. Die persoon wat noodgedwonge een maal ‘n week sy vleis-dis vir ‘n vegetariese een verruil. Ek kon myself nog nooit as ‘n vegetariër sien nie – ek was nog altyd die een wat met ‘n vegetariër gestry het, dit uit gebulder dat geeneen sonder vleis op sy spyskaart kan klaarkom nie.

Met my stert tussen my bene moet ek vandag bieg – nadat my beursie my gedwing het om kreatief te raak sonder vleis – dat vegetaries óók lekker is!

Vleis-eters, moenie dink ek gaan jou probeer orreed om elke aand ‘n tamatie-en-komkommer-mengelslaai te eet nie, die lewe is gans te kort om so vervelig te wees!

Liezl se resep

Hierdie resep is uiters maklik en neem slegs 30 minute!

Liezl se marokkaanse botterskorsie-pizzabrode

Marokkaanse botterskorsie-pizzabrood

  • 1 kg botterskorsie, in blokkies gesny
  •  30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 kg winkel-brooddeeg, in 4 verdeel
  • 100 g swart olywe
  • 6 fetakaas-ringe

genoeg vir 4 pizzabrode

Verhit oond tot 220 °C. Plaas botterskorsie op ’n bakplaat, sprinkel met olyfolie en geur met sout en baie swartpeper. Bak 20 minute in oond tot gaar. Rol brooddeeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot 1 cm dik en bak op ’n bakplaat tot goudbruin. Pak botterskorsieblokkies, swart olywe en feta op pizzabrood en laat kaas smelt in oond vir sowat 3 minute.

My gunsteling resepte op sarie.com

As jy die huidige tendens van Vleislose-Maandae wil probeer, moet die volgende resepte defnitief op jou spyskaart verskyn:

Kerrie-botterskorsie-samoesas

FOTO: Donna Lewis

Gevulde eiervrug

gevulde eiervrugVegetariese burger

vegetariese burger

Asynbeet-en-fetaslaai

FOTO: Donna LewisBotterskorsie-en-amandel-pasta

Botterskorsi-en-amandel-pasta

Gaan kyk nou hoe kreatief jy kan wees in die kombuis, sonder vleis!

Klits-en-Klets Kok

Liezl

Volg my ook nou hier en kook saam:

Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok