Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Resepte

Verskeidenheid sampioene met polenta

(genoeg vir 4)

  • 345 ml botter
  • 800 g gemengde sampioene
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 15 ml olyfolie
  • 250 g strepiespek, in klein blokkies gesny
  • 1 x 400 g-blik kersietamaties
  • 1 liter water
  • 250 ml polenta
  • 150 g parmesaan-kaas, fyngerasper
  • 15 ml botter
  • hand vol vars basilieblare, grofgebreek

Smelt botter in pan. Voeg sampioene en knoffel by en braai sowat 8 minute. Geur. Verhit intussen olyfolie en braai spek tot bros. Voeg tamaties by en geur. Laat oop kook vir sowat 12 minute. Kook ’n kastrol water, haal van hitte af en voeg polenta stadig by terwyl jy roer. Plaas terug op lae hitte en roer aanhoudend. Voeg kaas en botter by. Roer goed. Geur. Skep polenta op borde, en dan tamatiesous en sampioene. Sprinkel basilieblare oor.