sk1010mezze1
Resepte

Vinnige humus

(bakkie bo swart olywe)

(4 – 6 porsies)

  • 2 blikke (420 g elk) kekerertjies, gedreineer
  • sap van 1 suurlemoen
  • 6 knoffelhuisies, fyngekap
  • 150 ml warmwater
  • 60 ml olyfolie
  • sout na smaak

Vir bo-op

  • olyfolie
  • paprika

Kap kekerertjies fyn in voedselverwerker. Voeg suurlemoensap, knoffel, water en olyfolie by. Meng tot gladde pasta. Geur met sout. Gooi in bakkie en sit vir sowat 1 uur in yskas. Sprinkel ‘n klein bietjie olyfolie en paprika oor.