Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Vinnige oop pitabrode

(4 pitabrode)

  • 2 groot aartappels
  • 15 ml olyfolie
  • 30 ml botter, gesmelt
  • 4 pitabrode
  • 12 snye mozzarella-kaas
  • 12 geel klein tamaties, gehalveer
  • 3 vars tiemietakkies se blaartjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ekstra olyfolie om oor te sprinkel

Verhit oond tot 180 °C. Sny aartappels in dun skywe. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en sprinkel olyfolie bo-op. Pak die aartappels daarop – hulle moenie bo-op mekaar lê nie. Verf aartappels met gesmelte botter. Oondbraai tot sag. Hou eenkant. Pak pitabrode langs mekaar op bakplaat. Verdeel kaas op pitas. Sit tamaties en aartappels bo-op. Sprinkel tiemie oor en geur met sout en peper. Sprinkel ’n klein bietjie olyfolie oor en plaas in oond vir sowat 20 minute. Sit warm voor.