6 uur tuis, eet half 7

Vinnige spinasie-en-ricotta-lasagne

(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 200 g babaspinasieblare
  • 300 g ricotta-kaas
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 8 lasagne-velle
  • 100 g pecorino-kaas, gerasper

Verhit olyfolie in ‘n pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg spinasie by en braai tot verwelk.Voeg ricotta-kaas by en geur met sout en swartpeper. Kook pasta-velle vir sowat
3 minute tot sag. Dreineer. Gebruik twee velle lasagne per persoon en pak op elke persoon se bord lae pasta en vulsel. Sprinkel gerasperde pecorino-kaas bo-oor, en ekstra olyfolie.