Pasta

Volkoringpasta met okkerneute en basiliekruid

4 – 6 porsies

  • 500 g volkoringpasta
  • 100 g okkerneute, grofgekap
  • 60 g vars basiliekruidblare
  • 60 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kook pasta volgens aanwysings op pak. Dreineer en meng dadelik met res van bestanddele. Geur met sout en swartpeper.