Foto's deur Micky Hoyle

5 bestanddele

Warm sampioenslaai

(4 PORSIES)

  • 2 snye suurdeegbrood
  • 80 ml olyfolie (sout en varsgemaalde swartpeper na smaak)
  • 3 groot bruin sampioene, in skywe gesny
  • 2 groot hande vol vars basiliekruidblare
  • 4 rosa-tamaties, in skywe gesny
  • 2 eiers, mediumsag gekook en gehalveer

Breek die snye brood in stukke. Verhit helfte van die olyfolie in ’n pan. Braai broodstukke – nie alles op een slag nie – tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Verhit sowat 20 ml van res van olyfolie en braai sampioene weerskante tot net sag. Geur met sout en peper. Pak al die bestanddele in ’n bak en sprinkel res van olyfolie oor.

Ekstra: Voeg sowat 100 g ontpitte swart olywe by die slaai.