6 uur tuis, eet half 7

Welsh rarebit (preie-en-kaas op broodjies)

4 porsies – 30 minute

  • 15 ml botter
  • 15 ml olyfolie
  • 3 preie, in dun skywe gesny
  • 50 g (55 ml) botter
  • 50 g (90 ml) koekmeel
  • 300 ml warm bier
  • 150 g sterk cheddarkaas, gerasper
  • 15 ml Engelse mosterd
  • 5 ml Worcestersous
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 dik snye witbrood, gerooster

Verhit roosterelement van oond. Verhit botter en olyfolie saam in ’n pan. Braai preie tot sag. Hou eenkant. Smelt die 50 g botter in ’n kastrol en voeg meel by. Roer tot ’n gladde pasta. Voeg bier by en maak aan soos witsous. Voeg kaas, mosterd en Worcestersous by. Meng goed. Voeg preie by. Geur met sout en swartpeper. Verdeel mengsel bo-op roosterbrood en plaas onder die roosterelement. Rooster tot goudbruin. Sit warm voor.