Lee Malan

Kos

Artisjok-ansjovis-en-ricotta-spaghetti

Al probeer jy kan jy nie ’n mislukking maak van hierdie gereg nie.
Genoeg vir 4
Kooktyd: 10 minute

  • 500 g spaghetti
  • 280 g gemarineerde
  • artisjokke in olyfolie
  • 250 g ricotta-kaas
  • 6 ansjovisfilette, fyngekap
  • hand vol basiliekruid,
  • grofgebreek
  • 60 ml olyfolie
  • 15 ml wit balsemasyn
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper

Kook pasta volgens aanwysings op verpakking. Meng artisjokke in olie, ricotta, ansjovis, basieliekruid, olyfolie en balsemasyn. Voeg by pasta en meng goed deur. Geur met sout en peper. Geniet saam met ’n glasie witwyn.