Sarie011
Resepte

Bone-en-Tuna-Slaai

Genoeg vir 4

Dreineer 2x400g-blikke cannellini-bone in ń vergiettes. Spoel goed af met koue water. Plaas bone in ń mengbak. Voeg hand vol fyngekapte pietersielie, 100ml olyfolie, sap van ½ suurlemoen en 1 fyngekapte knoffelhuisie by en meng goed deur. Geur met sout en peper. Dreineer 1x170g-blik tuna en breek in groot stukke. Meng tuna versigtig deur bone en sit voor met vars suurlemoenwiggies.