Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Brosgebraaide calamari en tjips

(4 – 6 PORSIES)
30 MINUTE

  • 6 aartappels, kwarte gesny
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • olyfolie om oor te sprinkel
  • 150 g broodkrummels
  • 30 ml tiemie, gekap
  • 50 g parmesaan-kaas, gerasper
  • 1 kg baba-calamari, skoongemaak
  • 140 g koekmeel
  • 2 eiers, liggies geklits
  • sonneblomolie vir diepbraai
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml mayonnaise van goeie gehalte

Verhit oond tot 220 °C. Plaas aartappels in oondbak en sprinkel sap en skil van suurlemoene oor. Strooi knoffel oor en geur goed met sout en peper. Sprinkel olyfolie oor. Bak in warm oond vir 20–25 minute of tot aartappels bros en gaar is. Plaas intussen broodkrummels, tiemie en parmesaan in ’n voedselverwerker en verwerk tot growwe tekstuur. Rol calamari in meel sodat dit heeltemal bedek is. Doop dan in eier en laastens in broodkrummel-mengsel. Verhit sonneblomolie tot warm en diepbraai vir 5–8 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en geur goed met sout en peper. Sit voor met aartappelskywe en mayonnaise.