Resepte

Calamari-en-boneslaai

4 porsies
Dreineer 2 x 410 g-blikke botterbone en spoel af met koue water. Kap ’n halwe rooi-ui baie fyn. Meng bone met ui en 2 fyngekapte knoffelhuisies, 50 ml olyfolie, sap van 1 suurlemoen en geur met sout en peper. Verhit 30 ml olyfolie, 15 ml botter en 1 ansjovisfilet in ’n pan. Voeg 500 g calamari-ringe en tentakels by en braai vir sowat 10 minute. Geur met sout en peper en voeg sap van halwe suurlemoen by. Skep bo-op bone en sit voor.