Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Resepte

Calamari-slaai

Braaityd: sowat 15 – 20 minute

  • 30 ml olyfolie
  • 3 knoffelhuisies, in skywe gesny
  • sowat 500 g calamari-ringe en -tentakels
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sap van 1 suurlemoen
  • 40 g bronkors (watercress)

Verhit olyfolie in pan. Voeg knoffel by en braai sowat 1 minuut. Voeg calamari by en braai 15 – 20 minute tot dit sag is. Geur met sout en peper en voeg suurlemoensap by. Haal uit pan en laat afkoel tot kamertemperatuur. Plaas bronkors in klein bakkies en skep calamari bo-op.