Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Cannellini-bone-en-tuna-slaai

  • 1 x 400 g-blik cannellini-bone
  • 45 ml olyfolie
  • 15 ml suurlemoensap
  • 1 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 sprietuie, gekap
  • 30 ml gekapte pietersielie
  • 1 x 170 g-blik tuna, gedreineer

Dreineer bone in ’n vergiettes en spoel af met koue water. Meng olyfolie, suurlemoensap en knoffel goed saam. Gooi oor bone en geur met sout en peper. Meng sprietuie en pietersielie by. Vlok tuna in groot stukke en plaas bo-op.