FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Kos

Chorizomossels

Knus om die tafel

Somer sê tot siens en ons krag is onvoorspelbaar. juis die tyd om vriende op te beur met ń mooi herfstafel en die ketelbraai of koolstoof) in te span vir ń koningsmaal

Chorizowors is vol geur, wat die mossels ’n lekker smaak gee en dis kry ons chorizomossels

genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 325 g chorizowors, in ringe gesny
• 30 ml gerookte paprika
• hand vol vars koljanderblare
• 1 kg swart mossels, skoongemaak
• 250 ml witwyn
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit Weber tot warm of maak hele gereg gaar op stoof. Verhit olyfolie in diep pan tot warm oor matige hitte. Voeg ui, knoffel en chorizo by. Roerbraai 5 – 8 minute of tot ui begin verbruin. Roer paprika en koljander by. Verwyder van hitte en pak mossels op uiemengsel.

Gooi wyn oor. Geur goed met sout en peper. Maak pan toe en plaas in warm Weber (of op lae hitte op stoof) en laat mossels 10 – 12 minute stoom in wynsous of tot dit oopgaan en gaar is. Sit voor.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG.

Om te drink: Die sitrusnote in hierdie Chenin werk veral lekker saam met die vars koljandersmaak in die gereg. die wyn is geskik vir glas én pot.

 

Chorizomossels

Chorizomossels
FOTO Donna Lewis