Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Eenvoudige Thai-viskoekies

(2 PORSIES) 25 MINUTE

  • 300 g vis van jou keuse, in blokkies gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 hand vol vars koljander, fyngekap
  • 30 ml groen Thaikerriepasta
  • 1 eier
  • 45 ml meel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 60 ml olyfolie
  • slaaiblare van jou keuse
  • goeie gehalte mayonnaise

Verhit oond tot 200 °C. Meng vis, knoffel, koljander, kerriepasta, eier en meel saam. Geur goed met sout en peper. Gerbruik jou hand en vorm 4 groot viskoekies met die mengsel. Verhit olyfolie tot warm in mediumgroot braaipan. Plaas koekies in warm pan en braai vir sowat 3–5 minute per kant of tot goudbruin. Plaas in oondpan en bak verder vir nog 5–8 minute of tot gaar. Sit warm voor met slaai en mayonnaise van jou keuse.