FOTO Micky Hoyle
SARIE KOS Augustus/September 2014

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS Augustus/September 2014

Ontbyt

Forel-en-aspersie-omelet

Resep deur Tanya Pöhl

genoeg vir 1

• 3 eiers
• 50 ml room
• 15 ml vars dille-blare, gekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 5 ml olyfolie
• 5 ml botter

Verhit oond se rooster-element. Klits eiers, room en dille saam. Geur met sout en peper. Verhit olie en botter in kleefvrye pan. Gooi eiermengsel in sodra botter gesmelt het. Wag tot eier aan pan se buiterand begin stol. Skraap nou van die eier met ’n spatel (spatula) van die rand af na pan se middel. Herhaal ’n paar keer, maar moenie roer nie. Die eier moet nog rouerig wees wanneer jy dit onder roosterelement sit tot dit oppof en gaar is.

Vulsel
• 10 ml olyfolie
• 50 g vars dun groen aspersies
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 2 skywe gerookte forel
• 30 ml crème fraîche
• vars dille
• vars suurlemoen

Verhit olie in ’n pan en braai aspersies 2 minute. Geur. Plaas aspersies en forel aan een kant van omelet en vou toe. Skep omelet uit op bord en skep crème fraîche bo-op. Garneer met dille en suurlemoen.

Wat is jou slim ontbytidee? Deel dit met Kellogg’s en jy kan wen! 

20160610_Digitorial SHakeUp Tag