Foto deur Lee Malan

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Diabeties

Forel-en-aspersieslaai

Resep deur Annerien Vermeulen

Hierdie slaai het ʼn bietjie voorbereiding nodig, maar as dit eers gedoen nodig, maar as dit eers gedoen is, slaan jy dit vinnig aanmekaar. Ek gebruik olievrye slaaisous, maar jy kan ook ʼn “light” Franse slaaisous oorgooi. jy kan die aspersies gebruik, kan jy wel aspersies gebruik, kan jy wel aspersies gebruik, kan jy dit op ʼn riffelpan rooster om dit meer dekoratief te maak. Die forel kan vervang word met salm.
(4 porsies)

  • 1 pak gemengde blaarslaai
  • 400 g baba-aartappels, saggekook met skil aan en afgekoel
  • 400 g forel, in 4 porsies verdeel, gegeur met sout en suurlemoenpeper en gerooster met bietjie olyfolie in ’n pan
  • ½ komkommer, in diagonale skywe gesny
  • 1 avokado, in skyfies gesny (besprinkel met bietjie suurlemoensap om verkleuring te voorkom)
  • 200 g gestoomde aspersies, afgekoel (of groenboontjies)
  • 60 ml gekapte rooi- of gewone slaai-uie (spring onions)
  • olievrye slaaisous

Rangskik blaarslaai op ’n slaaibord. Rangskik die aartappels, forel, komkommer, avokado en aspersies bo-op slaai. Sprinkel gekapte uie bo-op en sit voor met slaaisous.