Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Franse brood gevul met Niçoise-slaai

(6 – 8 porsies)

  • 180 g dun Franse groenbone
  • 200 g klein rosa-tamaties, gehalveer
  • 100 g swart olywe, ontpit en gehalveer
  • 30 ml kappertjiesaad
  • 1 rooi ui, gehalveer en in dun skywe gesny
  • 2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer
  • 4 hardgekookte eiers, in skywe gesny
  • sowat 6 ansjovis-filette
  • 1 Franse brood slaaisous
  • 100 ml olyfolie
  • 40 ml suurlemoensap
  • 1 huisie knoffel, fyngedruk
  • 5 ml korrelmosterd
  • 2 ml droë gemengde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Dompel groenbone in kookwater en laat staan vir sowat 10 minute. Dreineer en laat afkoel. Meng al die slaai-bestanddele in ‘n groot mengbak. Meng bestanddele vir slaaisous en gooi oor slaai. Sny Franse brood in stukke en halveer. Vul brood met slaai en sit onmiddellik voor.