Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Gambas pil pil (steurgarnale met brandrissie)

4 porsies

  • 50 ml olyfolie
  • 21 – 25 steurgarnale, koppe en dermkanaal verwyder, maar hou die doppe aan
  • 2 rooi brandrissies, gekap
  • 1 groen brandrissie, gekap
  • 5 ml vinkelsaad, fyngekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 klein bossie vars koljander
  • sap van halwe suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars roket
  • takkie vars vinkel

Verhit 40 ml van die olyfolie in ’n wok of diep pan. Voeg steurgarnale, brandrissies, vinkelsaad en  knoffel by. Braai tot steurgarnale pienk en opgekrul is. Voeg vars koljander en suurlemoensap by. Geur met sout en peper. Meng roket met res van olyfolie. Skep garnale bo-op roket en gooi sous wat in pan agtergebly het oor. Rond af met takkie vars vinkel en geniet dadelik.