Donna Lewis

Donna Lewis

Resepte

Garnaal-en-forel-terrien

Genoeg vir 10

• 380 g vars forel, vel verwyder en
in blokkies gesny
• 20 garnaalsterte, skoongemaak
• 2 eiers
• 190 ml room
• 15 ml vars dille, gekap
• ½ ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 15 ml korrelmosterd
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker
en verwerk op hoë spoed tot gladde mengsel. Geur goed met sout en
swartpeper.Voer ’n 15 x 10 cmbroodpan met kleefplastiek uit. Skep
mengsel in pan en bedek met foelie. Plaas pan in oondbak en vul bak met
warmwater. Bak vir 40 minute.Haal uit oond en los in waterbad om af te
koel. Plaas vir 6 – 8 uur of oornag in yskas. Sit voor met slaai van jou keuse
en agurkies.