Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS OKT/NOV 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Resepte

Garnale op roosterbrood

Sowat 12 snye

  • 2 blikke (200 g elk) garnale, gedreineer
  • 15 ml botter
  • 15 g bamboeslote, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 ml suiker
  • sout en witpeper na smaak
  • 30 ml mielieblom
  • 1 eierwit
  • 6 – 8 snye witbrood, korsies afgesny
  • sowat 200 ml sonneblomolie, om in te braai

Kap die garnale fyn in jou voedselverwerker. Voeg die botter by en maak aan tot ’n pasta. Voeg die bamboeslote, knoffel, suiker, sout, witpeper, mielieblom en eierwit by. Meng goed. Halveer elke sny brood. Smeer die garnaalpasta bo-op en druk dit vas met jou hand. Verhit die olie. Die broodjies braai baie vinnig. Plaas so 3 op ’n slag in die warm olie. Plaas die brood-gedeelte na onder en sodra die brood goudbruin is, draai die broodjie om en braai vir sowat 40 sekondes aan die ander kant. Die vulsel sal nie afval nie. Dreineer op kombuispapier