Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Gebak

Gebakte fetakaas met steurgarnale en aspersies

Dis ’n ongewone kombinasie, maar die fetakaas en aspersies werk regtig lekker saam. Sit dit voor op ’n groot skinkbord en almal help hulself.

• sowat 80 ml olyfolie
• 6 wiele fetakaas
• 6 takkies vars tiemie
• varsgemaalde swartpeper
• 30 g (30 ml) botter
• 630 g steurgarnale in die dop
• 15 ml gekapte groen brandrissie • sout na smaak
• 300 g vars aspersies
• 2 – 3 lemmetjies

Verhit oond tot 180 °C. Gooi helfte van olyfolie in ’n oondbraaibak. Pak fetakaas in bak en plaas takkie vars tiemie op elke fetakaaswiel. Sprinkel res van olyfolie oor en geur met swartpeper. Oondbraai 15 – 20 minute tot kaas lekker sag is. Laat smelt botter in ’n groot pan terwyl kaas in oond is. Sit steurgarnale in pan en braai tot doppe pienk is. Voeg brandrissie by en geur met sout en peper. Dompel aspersies in kookwater en laat staan 5 minute. Drei- neer in vergiettes. Halveer lemmetjies en braai in kleefvrye pan tot effens bruin. Haal fetakaas uit oond en pak op ’n groot skinkbord. Rangskik steurgarnale, aspersies en lemmetjies bo-op. Sit dadelik voor.