Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Gebak

Gebakte kwarteleiertjies met gerookte forel

(genoeg vir 12)

  • 1 Franse brood
  • 250 g gerookte forel
  • 12 kwartel-eiers
  • mikrokruie vir oorsprinkel

Maklike hollandaise-sous
Hollandaise is ’n baie ryk sous van botter en eiers. Dit word gewoonlik oor ’n kastrol met kookwater gekook, maar ek het ’n makliker manier ontdek om dit in ’n versapper te maak. Ek het jare gelede gesien hoe die Britse sjef Antony Warroll Thompson dit op dié manier maak.

  • 180 g ongesoute botter
  • 10 ml suurlemoensap
  • 4 eiergele
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die oond se roosterelement. Sny die Franse brood in 2 – 3 cm-snye. Plaas op bakplaat en oondrooster die brood weerskante. Plaas ’n stukkie gerookte forel bo-op die roosterbrood. Spuit ’n pan met kleefwerende kossproei en verhit. Breek eiertjies versigtig oop en braai. Moenie al die eiers op een slag braai nie. Hou eiertjies eenkant warm.

Maak hollandaise-sous
Smelt die botter, sommer in die mikrogolfoond. Plaas eiergele en suurlemoensap in versapper en klits goed. Voeg die gesmelte botter in ’n dun straaltjie by terwyl jy die eiers klits. Die mengsel sal verdik. Wanneer al die botter bygevoeg is en sous dik is, geur met sout en peper. Skep hollandaise-sous oor forel en plaas ’n gebraaide eiertjie bo-op. Sprinkel mikrokruie oor en sit dadelik voor.