6 uur tuis, eet half 7

Gebakte vis in bierdeeg met koolslaai

(4 – 6 porsies)

Koolslaai

  • 200 g kool, fyngekap
  • 2 appels, ontklok en grofgekap
  • 70 g rosyntjies
  • 100 g okkerneute, fyngekap
  • 300 ml mayonnaise van goeie gehalte
  • 100 ml Bulgaarse jogurt

Vis en deeg

  • 250 ml koekmeel
  • 250 ml bier
  • 1 eierwit
  • 6 vars of bevrore stokvis-filette
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • olie vir vlakbraai
  • suurlemoen-wiggies vir voorsit

Koolslaai Meng kool, appels, rosyne en neute met jogurt en mayonnaise. Vis en deeg Meng meel, eierwit en bier in ‘n mengbak tot ‘n gladde beslag. Geur vis met sout en swartpeper. Verhit genoeg olie om die vis heeltemal te bedek tot warm in ‘n middelslag-pan. Doop elke filet in die beslag en braai in warm olie tot goudbruin en gaar – sowat 5 minute aan ‘n kant. Sit warm voor
saam met koolslaai en suurlemoen-wiggies.