Foto deur Micky Hoyle

Gebak

Gebakte Vis

 (4 Porsies)

  • 4 bevrore stokvis-filette
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml koekmeel
  • 3 eiers
  • 100 ml melk
  • 250 ml sonneblomolie, om die vis in te bak

 

Stap 1. Maak seker die vis-filette is lekker droog. Geur met sout en peper.

 

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Gooi meel in ’n plat bak. Sit filette in meel en bedek goed. Skud oortollige meel af.

 

 

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Klits eiers en melk saam. Doop filette in eiermengsel.

 

 

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Verhit olie in pan op stoofplaat. Sit filette versigtig in olie – sien wenk. Braai weerskante, so 6 minute. Toets deur ’n vurk in vis te druk en effe oop te maak. As dit binne mooi wit is, is dit reg. Dreineer op kombuispapier en sit voor met aartappels en suurlemoen.

 

 

Stap 4

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wenk

Hoe weet jy die olie is die regte hitte? Stel jou stoofplaat so hoog as moontlik en as jy ’n klein stukkie brood in die olie gooi en dit braai onmiddellik, is die olie reg. Draai dan jou plaat af tot op medium-hitte.

  • Kalyn

    Right on-this helepd me sort things right out.