sk0812eetsesuur_4_1
Resepte

Geblikte salm-wraps

(15 minute – 4 porsies)

  • 3 blikke (170 g elk) salm, vel en grate verwyder
  • 3 sprietuie, fyngekap
  • 60 ml mayonnaise
  • sap van halwe suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 tortillas
  • groot hand vol vars roket

Meng die salm, sprietuie, mayonnaise en suurlemoensap. Geur met sout en swartpeper. Volg die aanwysings op die tortilla-pak en maak die tortillas warm in die mikrogolfoond. Plaas vars roket bo-op elke tortilla, en dan van die salm-mengsel. Rol die tortillas toe en sny in die helfte. Sit voor.