Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Gebraaide vis met mango-salsa

(4 porsies)

  • 400 g mango, geskil en in blokkies gesny
  • ½ komkommer, in blokkies gesny
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 30 ml olyfolie
  • 4 x 200 g visfilette
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml botter

Meng mango, komkommer, ui, knoffel, sap en skil van 1 suurlemoen. Voeg olyfolie by en meng goed. Geur vis goed met sout en swartpeper. Verhit botter in ‘n mediumgroot pan. Braai vis sowat 5 minute per kant of tot goudbruin en gaar in warm pan. Druk sap van 1 suurlemoen oor gaar vis. Sit voor met mango-salsa.