Gemarineerde baba-calamari

Gemarineerde baba-calamari FOTO Lee Malan

Resepte

Gemarineerd baba-calamari

Tyd met Tapas

Laat jou gaste vergeet van tyd met ń verskeidenheid klein bakkies kos, warm en koud, en daarby heerlike, vars brood. So ń peusel-ete is sakpas en gemaak vir kuier.

Gemarineerde baba calamari is baie bekostigbaar en met min moeite kan jy baie geur vasvang

8 – 10 porsies

• 100 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 brandrissie
• 500 g bevrore of vars baba-calamari (tentakels en buise), skoongemaak
• 5 ml gerookte paprika
• sap en skil van 1 suurlemoen
• sout en varsgemaalde swartpeper
• hand vol italiaanse pietersielie, fyngekap

Verhit 45 ml van die olyfolie in ’n pan. Voeg knoffel, brandrissie en calamari by en braai 5 – 8 minute of tot goudbruin. Voeg paprika by en braai nog 1 minuut. Gooi suurlemoensap oor en verwyder van hitte.Geur goed met sout en swartpeper.Meng pietersielie en suurlemoenskil met res van olyfolie en gooi oor gaar calamari. Meng goed. Sit in yskas en laat marineer vir 3 – 4 uur of oornag. Sit voor.

Gemarineerde baba-calamari

Gemarineerde baba-calamari
FOTO Lee Malan

 

Edition SARIE Maart 2012 | Story Tydsaam met Tapas|Resep Gemarineerde baba-calamari