Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Gemengde seekos-risotto

(4 porsies)
Verhit 10 ml olyfolie en 10 ml botter in ’n kastrol. Voeg 1 fyngekapte ui en 1 fyngekapte knoffelhuisie by en braai tot sag en deurskynend. Voeg 500 ml risotto-rys by en braai sowat 3 minute. Voeg 250 ml witwyn by en laat afkook. Voeg 1 blik(400 g) gekapte tamaties by en braai sowat 1 minuut. Voeg nou 800 ml –1 liter warm groente-aftreksel lepel vir lepel by en roer goed. Wanneer die rys byna gaar is, voeg 400 g gemengde seekos by en meng goed. Voeg 50 g van 100 g gerasperde parmesaankaas, 50 ml botter, ’n hand vol vars pietersielie, fyngekap, en sap van halwe suurlemoen by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en sit dadelik voor saam met res van gerasperde kaas.