Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Resepte

Gerookte kippers met kappertjiesaad en garnale

Kippers(gerookte haring) word baiekeer as ʼn ontbytvis beskou. Saam met kappertjiesaad en garnale word dit ʼn aandete duisend.

  • 100 g (110 ml) botter
  • 4 gerookte kippers
  • 1 x 200 g-blikkie garnale, gedreineer
  • 50 ml kappertjiesaad
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • vars suurlemoene

Smelt botter in pan. Sit kippers in, vel na onder. Braai sowat 5 minute aan een kant en draai om. Voeg garnale en kappertjiesaad by. Braai nog sowat 5 minute. Geur met min sout en peper. Sit voor met vars suurlemoene.