sk0112vinnig_16_
Resepte

Gerookte-makriel-en-aartappelslaai

4 porsies
Kook 4 Mediterreense aartappels tot sag. Dreineer en verwyder skille. Meng 120 ml mayonnaise, 60 ml Griekse jogurt en geur sous met sout en peper. Sny aartappels in dik skywe en gooi sous oor. Rangskik 2 baba-gemblaarslaai op ’n opdienbord. Skep aartappels bo-op. Sny ’n ½ komkommer met ’n groenteskiller in lang repe en rangskik bo-op. Verwyder die vel van 2 gerookte pepermakriel-filette en breek in groot stukke. Rangskik bo-op en sny 1 rooi-ui in dun ringe. Plaas bo-op en sit voor.