sk08_4patees07_regs_agter
Resepte

Gerookte makrielpatee

(4 – 6 porsies)

  • 4 gerookte makriel-filette
  • 60 ml botter, gesmelt
  • 250 ml room
  • sap van 1 suurlemoen
  • handvol pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Trek die vel van die makriel af en verwyder enige grate. Kap die makriel fyn in jou voedselverwerker. Voeg die gesmelte botter, room en suurlemoensap by. Vou die gekapte pietersielie in en geur met sout en swartpeper.