Resepte

Gerookte skelvis-niçoise

2 porsies

  • 2 gerookte skelvis-filette (haddock)
  • 15 ml olyfolie
  • 100 g fyn groenbone
  • 6 gaar baba-aartappeltjies, in kwarte gesny
  • 2 medium-hardgekookte eiers, gehalveer
  • sowat 12 swart olywe, ontpit
  • 200 g klein rosa-tamaties, gehalveer
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit roosterelement van oond. Plaas vis op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Smeer vis weerskante met olie. Plaas onder die roosterelement vir sowat 5 minute. Draai om en rooster vir nog 5 minute. Haal uit en laat afkoel. Breek vis in happie-groottes. Dompel groenbone in kookwater vir so 4 minute. Dreineer en laat afkoel. Rangskik al die bestanddele in ’n groot slaaibak en geur met sout en swartpeper. Sit voor met vars suurlemoenskyfies en olyfolie.