Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS Augustus/September 2014

Gebak

Gerookte-snoek-en-cheddarkaas-pan-omelet

Resep deur Tanya Pöhl

Genoeg vir 4 – 6
• 200 g gerookte snoek, vel en grate verwyder en gevlok
• 200 g gerasperde cheddarkaas
• 250 ml room
• 6 eiers geskei
• 30 ml vars pietersielie, gekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Meng snoek, cheddarkaas, room, eiergele en pietersielie saam in ’n mengbak. Geur met sout en peper. Klits eierwitte en knippie sout saam tot styf in ’n mengbak. Vou in by vismengsel en gooi in ’n 20 x 10 cmoondbak. Plaas in oond en
bak 15 – 20 minute. Haal uit en sprinkel ’n bietjie fyngekapte pietersielie bo-op. Sit voor.