6 uur tuis, eet half 7

Gerooktesnoek-koekies

(4 – 6 porsies)

• 30 ml botter
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 400 g gerookte snoek, fyngevlok
• 4 takkies tiemie, fyngekap
• 50 ml koekmeel
• 2 eiers
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 100 g broodkrummels
• 30 ml olyfolie
• 200 ml mayonnaise van goeie gehalte
• slaaiblare van jou keuse
• 2 suurlemoene, in wiggies

Verhit botter in ‘n middelslagpot tot warm. Voeg ui en knoffel by en braai liggies vir sowat 5 minute of tot begin verkleur. Voeg by gevlokte snoek saam met tiemie, meel en 1 eier. Meng goed saam. Geur met sout en swartpeper. Vorm koekies van sowat 100 g elk. Klits ander eier in ‘n plat bak. Doop koekies in eier en dan in broodkrummels. Verhit botter in ‘n middelslag-pan tot warm. Braai koekies sowat 5 – 8 minute aan ‘n kant of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor saam met mayonnaise, slaai en suurlemoen.

  • Leah vannie Kaap

    Ek gaan beslis die gerookte snoekkoekies probeer. Het net nou die dag ‘n yslike gerookte snoek persent gekry wat ek in kleiner porsies gevries het.

    Al verandering wat ek sal aanbring is om olyfolie ipv botter te gebruik. Veel gesonder opsie!