Foto's deur  Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Gerooktesnoek-tert

Dis ’n wonderlikemanier om gerookte snoek te gebruik.

4 – 6 Porsies – 1 X 20 cm-tert

Deeg
• 200 g (360 ml) koekmeel
• 100 g (110 ml) botter, in blokkies gesny
• 2 – 3 eetlepels koue water

Plaas koekmeel en botter in voedselverwerker. Meng tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg koue water lepel vir lepel by tot dit ’n deeg vorm. As deeg te droog is, voeg nog ’n klein bietjie koue water by. Maak deeg toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir sowat 30 minute. Rol dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer ’n gesmeerde tertbak van 20 cm in deursnee daarmee uit.

Vulsel
• 30 ml botter
• 1 ui, fyngekap
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 600 g gerookte snoek, gevlok en grate verwyder
• 3 eiers
• 250 ml room

Verhit oond tot 180 ºC. Smelt botter in ’n pan en voeg ui en knoffel by. Braai tot sag en deurskynend. Haal pan van hitte af en meng ui-mengsel met gevlokte snoek. Plaas vulsel in uitgevoerde tertbak en klits eiers en room saam. Gooi eiermengsel oor vulsel en plaas in warm oond. Bak vir 50 minute tot die vulsel gestol is.