sk08_4spyskaartvir202
Gebak

Geroosterde salm-bruschetta

(2 porsies)

  • 2 salm- of forel-filette
  • 200 g kersietamaties op die rank
  • olyfolie
  • sap van halwe suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat een handvol vars roket
  • 2 snye ciabatta, gerooster
  • 100 g knoffel-en-kruiegeur sagte bokmelkkaas, in skywe gesny
  • 1 lemmetjie, gehalveer

Sit voor saam met

  • sowat 200 g sagte mozzarella-kaas-balletjies
  • 250 ml olyfolie
  • sowat 6 vars basiliekruidblare

Verhit jou oond tot 200 °C. Plaas die vis en kersietamaties op ’n bakplaat. Bedruip albei met ’n bietjie olyfolie. Geur die vis met suurlemoensap, sout en swartpeper. Bak vir 10 – 12 minute, afhangend van hoe dik die filette is. Plaas vars roket op die geroosterde ciabatta. Rangskik die bokmelkkaas, vis en tamaties bo-op. Bedien met vars lemmetjie om oor te druk. Sit die mozzarella-kaas-balletjies in ’n bakkie en gooi die 250 ml olyfolie oor. Breek die basiliekruidblare daaroor en sit voor saam met die bruschetta.