Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2013

Diabeties

Gestoomde mossels

Genoeg vir 6

• 600 g mossels
• 125 ml witwyn
• sap en skil van 1 suurlemoen
• hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap
• 2 rooi brandrissies, fyngekap
• 1 stuk vars gemmer (so groot soos duimnael), fyngerasper
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Sorg dat die kole lekker warm is. Sny 2 x 1 m-stukke tinfoelie. Vou elke stuk dubbel en sit voor jou neer sodat die oop sye links, regs en bo is. Vou die oop sye links en regs twee keer sowat 1 cm om sodat dit ’n pakkie vorm. Maak bo oop en verdeel bestanddele tussen twee pakkies. Geur goed met sout en peper. Vou nou die bokant ook twee keer om om die pakkies toe te maak. Plaas die pakkies met nate na bo op rooster. Braai 15 – 20 minute op warm kole of tot pakkies opgeblaas is en stoom uitkom. Skeur oop en sit voor.