sk1003rooibos02
Resepte

Groenslaai met rooibos-slaaisous

  • 6 snye Franse brood
  • 6 ansjovis-filette
  • sowat 60 ml olyfolie
  • 50 g gerasperde parmesaan-kaas
  • 1 kop langblaarslaai (cos lettuce), in kwarte gesny
  • 120 g suikerertjies (sugarsnap peas), in die lengte gehalveer
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Plaas Franse brood op uitgevoerde bakplaat. Sit 1 ansjovis-filet op elke sny en besprinkel met olyfolie. Bak tot bruin en bros. Plaas parmesaan-kaas, langblaarslaai en suikerertjies in ‘n mengbak. Breek brood in groot stukke en voeg by. Meng goed en sit voor op slaaibord. Geur met swartpeper. Besprinkel met rooibos-slaaisous.

Rooibos-slaaisous

  • 75 ml olyfolie
  • 75 ml balsemasyn
  • 125 ml rooibostee
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng alles goed, geur met sout en swartpeper en sprinkel oor slaai.

  • ubmdjbsebzt

    FqWThB sxglnrvmsxfa, [url=http://jsacddkfayui.com/]jsacddkfayui[/url], [link=http://mgrlatcxcovj.com/]mgrlatcxcovj[/link], http://hpgdhkucokcl.com/