sk08_4slaai03
Resepte

Haring-en-appelslaai

(4 porsies)

  • 4 haring-filette (jy kan natuurlik meer gebruik, bv. twee per persoon)
  • 4 rooi appels, in dun skywe gesny
  • 1 selderystok, in dun skyfies gesny
  • sowat 6 sprietuie

Jogurt-slaaisous

  • 300 ml griekse jogurt
  • 30 ml suurlemoensap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sowat 6 grasuie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Rangskik al die bestanddele op ’n opdienbord. Meng al die bestanddele vir die jogurt-slaaisous goed saam en geur met sout en swartpeper. Bedien die sous apart in ’n bakkie sodat elke persoon kan besluit hoeveel om te gebruik.

Om te drink
’n Verfrissende vonkelwyn. Avondale het pas ’n organiese cap classique bekend gestel, die perfekte pasmaat vir dié slaai.